S2. Senior Struikelblokke

Hierdie kursus is gebaseer op die identifisering van minderwaardige gevoelens wat tot sekere optredes aanduiding gee. Hierdie onderwerp vorm die fondasie vir die baie gewilde selfontdekkingskursus. Hierdie is ‘n struikelblok wat alle mense op alle vlakke beleef. Vir elkeen van ons, is dit ‘n ewige stryd om ons eie gedrag te interpreteer en insig te ontwikkel. Mense wat bevordering kry is egter soos kinders wat in graad 7 dink hulle is matrikulante en dan in Graad 8 weer die babas in die nuwe skool is. Nuwe verantwoordelikhied en status wek dikwels weer ou minderwaardigheidsgevoelens en -gedrag. Soos wat ons so baie in die selfontdekking gesien het, kan ‘n mens begin groei wanneer hy dit wat in sy kop aangaan kan identifiseer en die gevolge daarvan kan raaksien.  In  hierdie kursus kyk ons spesifiek na gedrag wat saamgaan met bevordering: “groot kop” kry, ongesonde streshantering en die rol van besittings in selfbeeld. Toesighouers en meer senior mense se tyd  veroorsaak dikwels dat hulle nie ander lewensvaardigheidskursusse kan bywoon nie. Hierdie is dan doelbewus in ‘n dagkursus formaat opgestel. Voorbeelde sal ook spesifiek meer senior mense se behoeftes aanspreek.

Course Properties

Course Start Date 2026-10-27 8:30 am
Course End Date 2026-10-27 3:30 pm
Capacity 20
Available places 20
Price R605 p.p.
Student Level D,E
Duration 1 dag
Location Ceres
Location Ceres
Category (S) Lewensvaardighede binne werkstyd

Please login to register for this course

No registration records found