P2. Pakhuis besoek
Om die verstaan van kwaliteit, wat die mark vereis, nader aan die uitvoerders in die boord te bring, is n besoek aan die pakstoor alleen nie voldoende om n denkskuif te maak nie. Heelwat interpretasie en opleiding is nodig om die vreemde wêreld verstaanbaar te maak. Vir die beste resultate moet ‘n dag uitgesit word en min-of meer so verloop :
- Inligting van bemarkingspersoon oor die markplek, vereistes, verwagtings van plase (in klas)
- Inligting van pakhuis operasionele bestuurder, oor hoe prosesse werk (in klas)
- Besoek pakstoor (in pakstoor)
- Pakhuis lynbestuurder/ operasionele bestuurder spel praktiese frustrasies met plase en uitdagings uit. Boord mense verduidelik hulle uitdagings (in klas)
- ‘n Kort praktiese plan van aksie word saam opgetrek
Course Properties
| Course Start Date | 2026-08-01 8:30 am |
| Course End Date | 2026-10-24 3:30 pm |
| Capacity | 30 |
| Available places | 30 |
| Price | R4150 per groep |
| Student Level | B,D,E |
| Duration | 1 dag |
| Multiple classes | no |
| Location | Koue Bokkeveld Opleidingsentrum |
| Category | (P) Pakstore |
