Doel: Die gevorderde boordmonitor kursus is gerig daarop om ervare boordmonitors die geleentheid te gee om dieper kennis oor gewasse beskerming op te doen uit die oogpunt van ʼn boordmonitor. In hierdie kursus sal studente meer agtergrond kennis opdoen oor die onderskeie plaag insekte en siektes op kern en steenvrugte sowel as die algemene beheer strategieë van die onderskeie plaag insekte en siektes. Dit sal insluit die posisionering van plaag beheer middels sowel as die gelyktydige beheer van verskeie plae of plant siekte. Die gebruik van algemene elektroniese monitering toepassings sal ook bespreek word. Die kursus sal die basiese beginsels en teorie van boordmonitering ook hersien. Hierdie kursus word slegs aanbeveel vir monitors wat alreeds boordmonitering opleiding ontvang het en ervaring in die veld het.
Inhoud / Modules
Steenvrug bloeiselversening en bruinvrot
Wat is die uitkomstes van die kursus
Persone wat hierdie kursus bywoon sal na die afloop van die kursus dieper agtergrond kennis oor gewasse monitering sowel as gewassebeskerming besin. Dit sal monitors help om met nuwe oë na hul taak as monitor te kyk
Vereistes
Geletterdheid + Vorige boordmonitering kursus + Ervaring as monitor
Wat moet student saambring na kursus?
Pen en sakrekenaar of selfoon met sakrekenaar toepassing
Watter pos moet die student beklee?
Ervare boordmonitors met fyn waarneming eienskappe
| Course Start Date | 2026-08-12 8:30 am |
| Course End Date | 2026-08-13 3:30 pm |
| Capacity | 25 |
| Available places | 19 |
| Price | R1956 pp |
| Student Level | B |
| Duration | 2 dae |
| Multiple classes | Yes |
| Details for classes | Dag 1: 12 Augustus Dag 2: 13 Augustus |
| Location | Kbos |
| Location | Koue Bokkeveld Opleidingsentrum |
| Category | (J) Vrugte |
| NUM | Farm / Organization | Registrants | Registration Date |
|---|---|---|---|
| 1 | Rora Orchards (Pty) Ltd | 1 | 2026-04-28 |
| 2 | Donkerbos | 1 | 2026-04-13 |
| 3 | Boplaas 1743 Landgoed | 1 | 2026-04-07 |
| 4 | Bronaar Plase | 1 | 2026-03-02 |
| 5 | Langrivier | 2 | 2026-02-05 |