J5. Boordmonitors Gevorder

Doel: Die gevorderde boordmonitor kursus is gerig daarop om ervare boordmonitors die geleentheid te gee om dieper kennis oor gewasse beskerming op te doen uit die oogpunt van ʼn boordmonitor. In hierdie kursus sal studente meer agtergrond kennis opdoen oor die onderskeie plaag insekte en siektes op kern en steenvrugte sowel as die algemene beheer strategieë van die onderskeie plaag insekte en siektes. Dit sal insluit die posisionering van plaag beheer middels sowel as die gelyktydige beheer van verskeie plae of plant siekte. Die gebruik van algemene elektroniese monitering toepassings sal ook bespreek word. Die kursus sal die basiese beginsels en teorie van boordmonitering ook hersien. Hierdie kursus word slegs aanbeveel vir monitors wat alreeds boordmonitering opleiding ontvang het en ervaring in die veld het.

Inhoud / Modules

  • Inleiding en Algemene Agtergrond.
  • Moniteringstelsels en die inligting wat daaruit verkry word.
  • Data-rekordering
  • Opsomming - implementering van 'n moniteringstelsel.
  • Oorsig van plaaginsekte in landbou.
  • Oorsig van plantsiektes in landbou.
  • Geïntegreerde plaagbestuur.
  • Gevallestudies:
    • Appelskurf/Fusi
    • Kodlingmot bestuur

Steenvrug bloeiselversening en bruinvrot

Wat is die uitkomstes van die kursus

Persone wat hierdie kursus bywoon sal na die afloop van die kursus dieper agtergrond kennis oor gewasse monitering sowel as gewassebeskerming besin. Dit sal monitors help om met nuwe oë na hul taak as monitor te kyk

Vereistes

Geletterdheid + Vorige boordmonitering kursus + Ervaring as monitor

Wat moet student saambring na kursus?

Pen en sakrekenaar of selfoon met sakrekenaar toepassing

Watter pos moet die student beklee?

Ervare boordmonitors met fyn waarneming eienskappe


Course Properties

Course Start Date 2026-10-15 8:30 am
Course End Date 2026-10-16 3:30 pm
Capacity 25
Available places 10
Price R1956 pp
Student Level B
Duration 2 dae
Multiple classes Yes
Details for classes Dag 1: 15 Oktober Dag 2: 16 Oktober
Location Kbos
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (J) Vrugte

Please login to register for this course

NUM Farm / Organization Registrants Registration Date
1 WAKKERSTROOM 2 2026-07-09
2 De Keur 4 2026-06-17
3 Doornkraal Agri 3 2026-04-15
4 Donkerbos 4 2026-04-08
5 WAKKERSTROOM 2 2026-01-24