D3. Toesighouer Kwaliteit Opvolg (2024&2025) studente

Die afgelope paar jaar het ons groot sukses behaal met ons toesighouer opvolgkursus. Grootliks omdat die belangrike leerpunte herhaal en op uitgebrei word.
Die belangrikste toevoeging is die bekendstelling van gevallestudies wat die leerders moet oplos. Die gevallestudies dwing leerders om al die kennis en vaardighede wat hullle voorheen by ons Toesighouersvaardighede program geleer het, toe te pas en om die probleme op ‘n praktiese wyse op te los.

• Samevatting van die belangrikheid van KWALITEIT, PRODUKTIWITEIT en MOREEL en spesifiek die toesighouer se rol daarin.
• Basiese arbeidswetgewing wat hulle bemagtig om teen onderpresteerders of wangedrag te kan optree.
• Gevallestudies wat hulle in groepe moet oplos en aan die ander leerders moet voordra.
• Vaslegging van die Toesighouersvaardighede program
• Kennis van arbeidswetgewing om met vertroue teenoor wangedrag te kan optree
• Probleemoplossingsvaardighede aangeleer na gevallestudies waar leerders hul bestaande kennis moet verbind met die nuwe inligting wat uit gevallestudies en die bespreking daarvan verkry word.

Course Properties

Course Start Date 2026-08-27 8:30 am
Course End Date 2026-08-27 3:30 pm
Capacity 20
Available places 20
Price R2385 pp
Student Level C,D,E,F
Duration 6 ure
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (D) Toesighouers / Spanleiers

Please login to register for this course

No registration records found