D2. Toesighouer kwaliteit
Doel: As toesighouers word jy verantwoordelik gehou vir verskeie take, waarvan die lewering van `n kwaliteit diens of produk, die produktiwiteit van die mense wat aan jou rapporteer en die moreel van jou span, seker die belangrikste is.
Die toesighouer en niemand anders is verantwoordelik, indien die span nie hierdie doelwitte bereik nie. Oor die volgende twee dae gaan jy geleer en gewys word hoe om jou spanlede se werkskwaliteit, produktiwiteit en die moreel van die span suksesvol te bestuur.
Bestuurders
Die doel van die kursus is om die bestuurder se rol as afrigter van die toesighouer uit te klaar en om sy kennis en vaardighede uit te brei sodat hy ‘n betekenisvolle bydrae tot die ontwikkeling van sy toesighouer kan maak.
- Kort oorsig van die toesighouer se rol ten opsigte van die bestuur van Kwalitiet, Produktiwitiet en Moreel van sy werkspan.
- Die bestuurder se daaglikse/ weeklikse verantwoordelkheid as afrigter en leier van die toesighouer.
- Hoe om regstellings te doen wanneer die toesighouer nie die verwagte doelwitte/uitsette bereik nie.
Beproefde leierskaptegnieke wat sy verantwoordelikheid as afrigter sal vergemaklik.
Course Properties
| Course Start Date | 2026-07-29 8:30 am |
| Course End Date | 2026-07-30 3:30 pm |
| Capacity | 20 |
| Available places | 20 |
| Price | R 6311.00 pp |
| Student Level | C, D, E, F |
| Duration | 2 dae + 1/2 dag sessie vir bestuurders |
| Multiple classes | Yes |
| Details for classes | Dag 1: 29 Julie Dag 2: 30 Julie Dag 3: 31 Julie Bestuurder sessie |
| Location | Ceres |
| Location | Ceres |
| Category | (D) Toesighouers / Spanleiers |
