A3. Besoek en bespreek 2: Boom tot Boks

Die fokus van hierdie sessie is om n brug te bou tussen kwaliteitstelsels/ bestuur in die boorde tot by die pakstoor . 

Tydens beide die navorsing oor kwaliteit en produktiwiteit was ‘n bevinding dat die toesighouers hoegenaamd nie die wêreld van die pakstoor kan verstaan nie. Heelwat was nog nooit in ‘n pakstoor nie. Min verstaan hoe kwaliteitsvereistes gestel word en nog minder verstaan naspeuringsprosesse. Die meeste weet nie “my bestuurder het verduidelik dat die pakstoor mooi vrugte soek”.   Daar moet verskillende innoverende maniere wees om die gaping tussen toesighouer en QC in die boorde en die pakstoor kleiner te maak. Dit verg egter saam dink en iets uitwerk wat nie onnodige werk is nie, maar nommer pas is vir daardie spesifieke plaas en pakhuis. Die ideaal is dat die sessie bygewoon word deur beide mense van die pakhuis en plaas.

Hierdie kursus mag ongelukkig nie binne twee weke voor die datum gekanselleer word nie.

Course Properties

Course Start Date 2026-05-29 8:30 am
Course End Date 2026-05-29 12:30 pm
Capacity 30
Available places 29
Price R690 p.p
Student Level G & H
Duration 4 ure
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (A) Senior Bestuur & Direkteure

Please login to register for this course

NUM Farm / Organization Registration Date
1 NORMAT FARMS 2026-01-08