R2. Oriëntasie program vir pakkers
Doel: ‘n Lewendige en goed deurdagte oriëntasie program wat aan beide produksie en oudit vereistes voldoen is deesdae nie opsioneel nie. Hierdie dag is ontwerp vir gewone pakkers en hanteer die belangrikste punte van verskillende aspekte. Joy hanteer die konsep van kwaliteit, waarom ons daarmee sukkel en wie die standaarde stel . Anneke hanteer higiëne en oudit vereistes. “Mollie” verduidelik wat PPECB doen, wat van pakkers verwag word en waarom daar verskillende standaarde bestaan.
Met hierdie inhoud behoort ons nie net ’n paar oudit bokse te regmerk nie, maar behoort ons waarde tot die pakstoor toe te voeg.
‘n Volledige verslag van die kursus sal na die tyd beskikbaar gestel word.
Course Properties
Course Start Date | 2022-05-06 8:30 am |
Course End Date | 2022-05-06 3:30 pm |
Capacity | 100 |
Available places | 100 |
Price | R 5315.00 per groep + vervoer |
Student Level | B |
Duration | 1 dag |
Details for classes | Datum sal vasgemaak word met die plaas. |
Location | To be confirmed |
Location | Op plaas |
Category | (R) Pakstore |