O7. Kettingsaag nuwelinge
Doel: Die doel van die kettingsaagkursus is om deelnemers toe te rus met die nodige kennis en praktiese vaardighede om ’n kettingsaag veilig en doeltreffend te gebruik. Die kursus fokus op veiligheidsmaatreëls, die identifisering van komponente en hul funksies, die uitvoering van voor-operasionele kontroles, basiese instandhouding, asook tegnieke vir die afsaag en uitsny van bome en takke.
1 dag teorie en 2 dae prakties
Inhoud / Modules
- Pas veiligheidsmaatreëls toe vir die gebruik van kettingsae.
- Wys die verskillende komponente van ’n kettingsaag aan en verduidelik hul funksies.
- Voer voor-operasionele kontroles op ’n kettingsaag uit.
- Basiese Sny tegnieke en korrekte hantering van kettingsaag
- Verwyder takke van omgevalle bome en voer uitsaagwerk uit.
- Doen basiese instandhouding aan ’n kettingsaag.
Wat is die uitkomstes van die kursus
- Korrekke persoonlike beskermingstoerusting (PPE) identifiseer en gebruik.
- Pre-start-veiligheidskontroles verduidelik en demonstreer.
- Foute in kettingsaagonderdele herken en die gevare daarvan beskryf.
- Behoorlike hanteringstegnieke en werkstappe tydens snywerk demonstreer.
- Onderhoudstake soos kettingslyp, spanningkontrole, en smering uitvoer volgens prosedures.
Wat moet student saambring na kursus:
ID afskrif
Kettingsaag, “kettingsaag toolkit”,
Beskermende klere (Snyersbroek, Veiligheidsskoene, Harde hoed met viser, veiligheids bril, handskoene, oorbeskerming
Nuweling: 3 Dae
Course Properties
| Course Start Date | 2026-05-26 8:30 am |
| Course End Date | 2026-05-28 3:30 pm |
| Capacity | 20 |
| Available places | 19 |
| Price | R4535 p.p. |
| Student Level | B |
| Duration | 3 dae |
| Multiple classes | Yes |
| Details for classes | Dag 1: 26 Mei Dag 2: 27 Mei Dag 3: 28 Mei |
| Location | Ceres |
| Location | Ceres Museum(konferensie saal) |
| Category | (O) Werkswinkel en Veiligheid |
Registrants List
| NUM | Farm / Organization | Registration Date |
|---|---|---|
| 1 | Normat Farms | 2026-01-29 |
