Available courses in (S) Lewensvaardighede Binne Werkstyd

Courses

S1. Bright Star Life Core

Course Code:

S1a

Student Level:

A, B, C, D

Price per student:

R1457 p p + vervoer indien op plaas

Description:

: Doel : Positiewe Lewensverandering Mense word op ‘n eenvoudige en effektiewe wyse begelei om verantwoordelikheid vir hulle eie lewens te neem en beter keuses te maak. Program is eenvoudiger as LIFE, fokus meer op eie funksionering Werkers word toegerus om ‘n beter bydrae tot die werkplek te maak. Wanneer ‘n persoon ontdek dat sy lewe ‘n doel het en wat vir hom belangrik is, word sy werk meer betekenisvol en verbeter motivering. Onderwerpe wat hanteer word: gedagtes, verantwoordelikheid, waardes, lewensdoel, self-waarde, kommunikasie, self-beheer, prioriteite, rolmodel .

S2. Senior Struikelblokke

Course Code:

S2a

Student Level:

D & E

Price per student:

R605p p

Description:

Hierdie kursus is gebaseer op die identifisering van minderwaardige gevoelens wat tot sekere optredes aanduiding gee. Hierdie onderwerp vorm die fondasie vir die baie gewilde selfontdekkingskursus.

Hierdie is ‘n struikelblok wat alle mense op alle vlakke beleef. Vir elkeen van ons, is dit ‘n ewige stryd om ons eie gedrag te interpreteer en insig te ontwikkel. Mense wat bevordering kry is egter soos kinders wat in graad 7 dink hulle is matrikulante en dan in Graad 8 weer die babas in die nuwe skool is. Nuwe verantwoordelikheid en status wek dikwels weer ou minderwaardigheid.

Soos wat ons so baie in die selfontdekking gesien het, kan ‘n mens begin groei wanneer hy dit wat in sy kop aangaan kan identifiseer en die gevolge daarvan kan raaksien.

In hierdie kursus kyk ons spesifiek na gedrag wat saamgaan met bevordering: “groot kop” kry, ongesonde streshantering en die rol van besittings in selfbeeld.

Toesighouers en meer senior mense se tyd veroorsaak dikwels dat hulle nie ander lewensvaardigheidskursusse bywoon nie. Hierdie is dan doelbewus in ‘n dagkursus formaat opgestel.

Voorbeelde sal ook spesifiek meer senior mense se behoeftes aanspreek. Hierdie is ‘n 1 dag kursus.

S3. Leadership for Life

Course Code:

S3a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R40250 per groep of R1066pp

Description:

LEADERship for life is 'n 4-module program wat oor 'n totaal van 14-16 uur gelewer word, wat die potensiaal van mense ontgun en hulle help om te floreer. Dit word gedoen deur hulle tydlose leierskapbeginsels te leer wat hulle toerus om hulself, hul finansies , i, hul projek en hul spanne te lei en bring blywende transformerende verandering. Die temas wat aangeraak word tydens die sessies is : Lead your self, Lead your finances , Lead your project and Lead your team.

S4. Selfontdekking 1

Course Code:

S4a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R5447 per groep + vervoer

Description:

Hierdie kursus het verbeterde selfvertroue vir die individu as doel. Dit is ontwikkel spesifiek vir plase en binne die konteks van die bruin kultuur.

Dit bestaan uit 3 sessies van 4 uur elk. Die sessies word oor datums ± 2/3 weke uitmekaar versprei. Maksimum van 20 studente per groep.

S5. Selfontdekking 2

Course Code:

S5a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R4180 per groep + vervoer

Description:

Hierdie kursus volg Selfontdekking 1 op. Dit bestaan uit 3 sessies van 3 uur elk.

Opvolg is baie belangrik – verandering veral op die vlak wat hier aangespreek word, is moeilik! Die sessies word oor datums ± 2/3 weke uitmekaar versprei. Maksimum van 20 studente per groep.

S6. Selfontdekking 3

Course Code:

S6a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R4556 per groep + vervoer

Description:

Hierdie kursus is die laaste in die Selfontdekking reeks. Dit bestaan uit 3 sessies van 3 uur elk en ‘n finale 1 uur afsluitingsessie.

Dit beklemtoon selfstandige groei en gee studente die gereedskap om dit reg te kry. Daar word veral gekyk na kommunikasie. Die sessies word oor datums ± 2/3 weke uit mekaar versprei. Maksimum van 20 studente per groep.

S7. Selfontdekking Instandhouding

Course Code:

S7a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R4021per groep + vervoer

Description:

Plase wat die volle reeks voltooi het sal gehelp word om dit in stand te hou deur ‘n opvolg-proses wat spesiaal vir hulle ontwerp is.

Dit bestaan uit 3 sessies van 3 uur elk en word oor datums ± 2/3 weke uit mekaar versprei. Maksimum van 20 studente per groep.

S8. Selfontdekking Instandhouding

Course Code:

S8a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R5327 per groep + vervoer

Description:

Plase wat die volle reeks voltooi het sal gehelp word om dit in stand te hou deur ‘n opvolg-proses wat spesiaal vir hulle ontwerp is.

Dit bestaan uit 4 sessies van 3 uur elk en word oor datums ± 2/3 weke uit mekaar versprei. Maksimum van 20 studente per groep.

S9. Fruitful Families 1

Course Code:

S9a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R16744 per groep + vervoer

Description:

Inskrywings moet verkieslik getroude paartjies wees. Die 10 sessies van 3 uur elk, word verdeel gedurende die nie-oesseisoen.

Selfontdekking:

Groei, selfbeeld, gevoelens van minderwaardigheid, doelwitte, probleemhantering, my invloed op ander, verandering begin by my, kwaadword, pro- en re-aktief, kannie se begrafnis, kommunikasie en kritiek.

Huwelik:

Hoe om konflik beter te hanteer, knieskyfsessies, rolle van die man en vrou binne die huwelik, hoe om my man/vrou dolgelukkig te maak.

S10. Fruitful Families 2de jaar

Course Code:

S10a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R16744 per groep + vervoer

Description:

Nadat daar aandag gegee is aan die individu self, en sy/haar huweliksmaat in die 1ste jaar, beweeg ons na ouerskap. Die FirstSteps opleidingsmodel word gebruik.

Dit is gemik en ontwikkel vir ons plaasgemeenskappe. Die 10 sessies van 3 uur elk, word verdeel gedurende die nie-oesseisoen.

S11 Fruitful Families 3

Course Code:

S11a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R8672 per groep + vervoer

Description:

Doel: Na ‘n reeds gevestigde reeks sessies oor persoonlike groei, die huwelik en gesonde gesinne, bied ons nou ‘n aanvullende Finansies-kursus by die FruitfulFamilies program aan. Omdat geldsake een van die grootste oorsake van spanning en konflik in huise is, fokus hierdie kursus daarop om paartjies te help om gesonde, samewerkende finansiële gewoontes te bou. Onderwerpe sluit in: • Basiese finansiële begrippe en hoe om die tipiese struikelblokke te herken (bv versteekte kostes, rente en impulsiewe uitgawes) • Hoe om oor geld te praat by die huis op ‘n manier wat veiligheid, begrip en samewerking bou. • Die verskil tussen ons ‘needs’, ‘wants’ en ‘luxaries’, en hoe om gesonder keuses te maak. • Om te begin oplet waarheen my geld gaan en om dit doelgerig en beter te bestuur. • Die opstel van ‘n deeglike, realistiese begroting waaroor daar gepraat word, beplan en voorsiening gemaak word vir prioriteite, noodfondse en toekomstige uitgawes – sodat gesinne kan vooruit dink en finansiële stres verminder. .

S12. First Steps 3 sessies

Course Code:

S12a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R4974 per groep + vervoer

Description:

Help om ouers toe te rus met praktiese raad en insig t.o.v. ouerskap. Word geleer om kinders groot te maak uit verhoudingoogpunt, nie net dissipline oogpunt. First Steps help ouers hoe om die proses van ouerskap af te breek in kleiner treë. .

S15. First Step (4 sessies)

Course Code:

S15a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R6628 per groep + vervoer

Description:

Help om ouers toe te rus met praktiese raad en insig t.o.v. ouerskap. Word geleer om kinders groot te maak uit verhoudingoogpunt, nie net dissipline oogpunt. First Steps help ouers hoe om die proses van ouerskap af te breek in kleiner treë.

S14. Verantwoordelike Alkohol Gebruik

Course Code:

S14a

Student Level:

A- C

Price per student:

R6900 per groep + vervoer

Description:

Opleiding in verantwoordelike drink bevorder bewustheid van alkohol se effekte, risiko's en gevolge, en bemagtig individue om ingeligte keuses te maak. Deur te fokus op skadevermindering en 'n kultuur van verantwoordelikheid te bevorder, help hierdie opleiding om misbruik te voorkom, ondersteun gesonder gedrag, en moedig veiliger sosiale omgewings aan, wat uiteindelik bydra tot individuele en gemeenskapswelstand. Inhoud • Inleiding en begrip van alkohol • Risiko's en gevolge van alkoholmisbruik • Verantwoordelike drinkery en skadevermindering • Skep van 'n kultuur van verantwoordelikheid

S15. Geestesgesonheid

Course Code:

S15a

Student Level:

A-G

Price per student:

R6900 per groep + vervoer

Description:

Geestesgesondheidsopleiding is noodsaaklik om bewustheid te verhoog, vermindering van stigma, en toerusting individue met die kennis om navigeer geestesgesondheid uitdagings. Begrip oorsake, algemene kwessies in Suid Afrika, en ondersteuningstrategieë bevorder veerkragtigheid en empatie. Hierdie opleiding bemagtig deelnemers om hul eie te bestuur welstand en ondersteun ander effektief. Inhoud • Verstaan geestesgesondheid • Oorsake van geestesgesondheid probleme • Algemene geestesgesondheid probleme in SA • Hanteer geestesgesondheid uitdagings • Ondersteun ander met verstand gesondheidsprobleme

S16. Persoonlike groei - Persoonlike Finansies

Course Code:

S16a

Student Level:

A-C

Price per student:

R6628 per groep + vervoer

Description:

Hierdie kursus is ontwerp om studente te help met die ontwikkeling van selfinsig en bewustheid van hul keuses, asook die impak wat hierdie keuses op hul Persoonlike- en Finansiële lewe het. Die fokus val op Persoonlike Groei: Wat dit behels, hoe om areas vir ontwikkeling te identifiseer en hoe gevestigde gewoontes en denkpatrone jou groei kan belemmer. Studente word geleer wat deursettingsvermoë werklik beteken en hoe om dit te ontwikkel. Daar word ook ondersoek ingestel na die invloed van spanning op ons besluitneming en gedrag, en hoe dit doeltreffend bestuur kan word om sodoende herhaling van destruktiewe patrone, te voorkom. Prakties sluit die kursus die opstel van ‘n persoonlike begroting in, gebaseer op die student se unieke inkomste en uitgawes, om finansiële insig en verantwoordelikheid te bevorder.