P1a
B
R5970 per groep + vervoer
Doel: ‘n Lewendige en goed deurdagte orientasie program wat aan beide produksie en oudit vereistes voldoen is deesdae nie opsioneel nie. Hierdie dag is ontwerp vir gewone pakkers en hanteer die belangrikste punte van verskillende aspekte., o.a kwaliteit, waarom ons daarmee sukkel en wie die standaarde stel ens . Met hierdie inhoud behoort ons nie net ’n paar oudit bokse te regmerk nie, maar behoort ons waarde tot die pakstoor toe te voeg.
P2a
B, D , E
R4150 per groep
Om die verstaan van kwaliteit, wat die mark vereis, nader aan die uitvoerders in die boord te bring, is ‘n besoek aan die pakstoor alleen nie voldoende om ‘n denkskuif te maak nie. Heelwat interpretasie en opleiding is nodig om die vreemde wêreld verstaanbaar te maak. Vir die beste resultate moet ‘n dag uitgesit word en soos volg verloop : 1. Inligting van bemarkingspersoon oor die markplek, vereistes, verwagtings van plase (in klas) 2. Inligting van pakhuis operasionele bestuurder, oor hoe prosesse werk (in klas) 3. Besoek pakstoor (in pakstoor) 4. Pakhuis lynbestuurder/ operasionele bestuurder spel praktiese frustrasies met plase en uitdagings uit. Boord mense verduidelik hulle uitdagings (in klas) 5. ‘n Kort praktiese plan van aksie word saam opgetrek