Available courses in (L) Trekkers

Courses

L1. Trekker Operateur

Course Code:

L1a

Student Level:

A - D

Price per student:

R1915 p p

Description:

Hierdie kursus het die doel om trekkeroperateurs professionele, veilige en oppassende bestuurders te maak.

Kursus inhoud:

Veiligheid, onderhoud op trekker, bestuur, versorging en stoor van trekker, assessering en toetse.

Studente moet asseblief 2 velle eksamenpapier en 'n pen saambring, en moet verkieslik reeds kan trekker bestuur. Indien nie, word assessering aangepas.

L2. Basiese wiskunde - spuitmanne

Course Code:

L2a

Student Level:

B

Price per student:

R8004 per groep + vervoer

Description:

Doel is om basiese vaardighede te gee aan spuitmanne, drywers ens. oor konsepte soos liters/milliliters, gramme/kilogramme, akkurate mates, persentasies en ander alledaagse berekeninge wat op daardie plaas gebruik word.

Lokaal: op plaas.

Groep grootte : 8 tot 15 studente

L3. Veilige hantering van chemiese stowwe: beginners

Course Code:

L3a

Student Level:

B

Price per student:

R930 p p

Description:

Kursus inhoud:

Identifikasie en klassifikasie van plaagdoders, plaagdoder etiket teorie, meng volgorde, vermenging en afweeg van plaagdoders, berging van plaagdoders, hantering van leë houers, volmaak punte, herbetreding van behandelde boorde, noodprosedures, en onderhoud van spuit toerusting.

Studente moet asseblief 'n pen, potlood, sakrekenaar of slimfoon saambring.

Hierdie kursus is gemik op 'n trekker drywer, spuitman, of chemie kamer bestuurder.

L4. Veilige hantering van chemiese stowwe: heropleiding

Course Code:

L4a

Student Level:

B

Price per student:

R930 p p

Description:

Om ervare spuitmanne en gifkamerpersoneel se kennis op te skerp en te verseker dat hul die nodige sertifikate het. Studente moet reeds `n Veilige hantering van gifstowwe kursus bygewoon het.

Kursus inhoud:

Identifikasie en klassifikasie van plaagdoders, plaagdoder etiket teorie, meng volgorde, kalibrasie teorie, naspeurbaarheid, rekordhouding, en onthoudings periodes.

Studente moet asseblief 'n pen, potlood, sakrekenaar of slimfoon saambring.

L5. Veilige hantering van chemiese stowwe: E-leer

Course Code:

L5a

Student Level:

B

Price per student:

R857p p

Description:

Om ervare spuitmanne en gifkamerpersoneel se kennis op te skerp en te verseker dat hul die nodige sertifikate het. Studente moet reeds `n Veilige hantering van gifstowwe kursus bygewoon het.

Kursus inhoud:

Identifikasie en klassifikasie van plaagdoders, plaagdoder etiket teorie, meng volgorde, kalibrasie teorie, naspeurbaarheid, rekordhouding, en onthoudings periodes.

Hierdie kursus word aanlyn aangebied, en dus moet studente toegang hê tot 'n rekenaar. .

L6. Hantering van 'n spuitpomp

Course Code:

L6a

Student Level:

B

Price per student:

R845 p p

Description:

Hierdie is ‘n baie praktiese dagkursus aangebied deur iemand wat presies weet wat op ‘n plaas verkeerd loop! Dit gaan baie sterk fokus op die regte hantering van die spuitpomp en die voorkoming van probleme.

L7. Trekker rylesse

Course Code:

L7a

Student Level:

B

Price per student:

R2846 per groep + vervoer

Description:

Om nuwe drywers 'n geleentheid te gee om saam met 'n instrukteur te ry sodat hulle kan leer om reg te bestuur en oefening te kan kry

Groep maks : 6 persone:

L8. Trekker assessering

Course Code:

L8a

Student Level:

A - D

Price per student:

R485 p p + vervoer

Description:

Aanbeveelde assessering vir mense wat in die laaste vyf jaar die trekker operateur kursus deur die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum gedoen het.