Available courses in (E) Leiers & Kommunikasie Stelsels

Courses

E1. Komitee Mentorskap

Course Code:

E1a

Student Level:

A, B, C

Price per student:

R2459 p p

Description:

Die doel van die program is om die doelwitte, rolle en verantwoordelikhede van die werkerskomittee uit te klaar. Daar gaan ook gekyk word na vergaderingprosedures, kommunikasie, konflikbestuur asook onderhandelingsvaarighede.

Komiteelede kry kans om krities te kyk na hulle eie rolle en insette, om basiese vaardighede vir vergaderings te ontwikkel en die nodige selfvertroue te ontwikkel om ‘n sinvolle bydrae op die plaas te maak.

Doel: Benewens standaard inligting oor vergaderings en ampsdraes dien hierdie plaas gesentreerde sessies ook as ’n spanbou. Dit help die komitee om heeltemal anders na hul span te kyk. Waar dit dikwels ‘n “vra die baas”/klagtesessie of ‘n “Siza -tevrede-hou” projek is, raak die span nou opgewonde om saam te werk. Dit breek ook die ys met die plaas se spanleiers, bestuur en versterk spanwerk met die GOB.

E2. Veiligheids- en gesondheidsverteenwoordigers heropleiding

Course Code:

E2a

Student Level:

A, B ,C & F, G, H

Price per student:

R1295 p p

Description:

Die doel van hierdie program is om gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in staat te stel om gesondheids- en veiligheidskomitees saam te stel en sisteme volgens wetgewing (Wet 85 van 1993) toe te pas.

Die kursus is gemik op lede van veiligheidskomitees en veiligheidsverteenwoordigers wat reeds die kursus gedoen het. Hersiening op rol en verantwoordelikhede, komitee saamstel, sisteme toepas in noodsituasies.

Formatiewe assessering word in die klas voltooi, en die summatiewe assessering word as 'n werksopdrag aan elke leerder gegee en bestaan uit die volgende:

Inspeksie van die werksomgewing, risiko-analise, en 'n inligtingsessie.

Om BEVOEG verklaar te word, sal daar van die leerder verwag word om 50% te behaal in elk van die assesseringsaktiwiteite.

E3. Veiligheids- en gesondheidsverteenwoordigers e-leer

Course Code:

E3a

Student Level:

A, B, C & F, G, H

Price per student:

R650 p p

Description:

Die doel van hierdie program is om veiligheids- en gesondheidsverteenwoordigers in staat te stel om veiligheids- en gesondheidskomitees saam te stel en sisteme volgens wetgewing (Wet 85 van 1993) toe te pas.

Die kursus is gemik op lede van veiligheidskomitees en veiligheidsverteenwoordigers wat reeds die volledige kursus voltooi het en is ten volle aanlyn.

E4. Veiligheids- en gesondheidsverteenwoordigers

Course Code:

E4a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R2459 p p

Description:

Die doel van hierdie program is om veiligheids- en gesondheidsverteenwoordigers in staat te stel om veiligheids- en gesondheidskomitees saam te stel en sisteme volgens wetgewing (Wet 85 van 1993) toe te pas.

Die kursus is gemik op lede van veiligheidskomitees en veiligheidsverteenwoordigers.

Formatiewe assessering word in die klas voltooi, en die summatiewe assessering word as 'n werksopdrag aan elke leerder gegee en bestaan uit die volgende:

Inspeksie van die werksomgewing, risiko-analise, en 'n inligtingsessie.

Om BEVOEG verklaar te word, sal daar van die leerder verwag word om 50% te behaal in elk van die assesseringsaktiwiteite.

E5. Bright Star Life

Course Code:

E5a

Student Level:

D & E

Price per student:

R2247 p p + vervoer indien op plaas

Description:

Doel: Positiewe lewensverandering

Mense word op ‘n effektiewe wyse begelei om eienaarskap vir hulle eie lewens te neem en beter keuses te maak, deur die volgende vrae vir hulself uit te klaar:

Mod 1 (Self) - Wie is in beheer van my lewe, wat is my eie waardes, wat is MY lewensdoel, wat is my selfwaarde en wat is die belangrikste goed in my lewe?

Mod 2 (Verhoudings) – Hoe verskil mense, hoe wil ek my emosies hanteer, hoe wil ek kommunikeer, hoe wil ek konflik hanteer en is ek myself?

Mod 3 (Leierskap) – Hoe wil EK ander beïnvloed? Deur te beplan, ‘n rolmodel te wees, die span op te bou, ander te motiveer en ander te bemagtig.

Mod 1 voorvereiste vir Mod 2; Mod 2 voorvereiste vir Mod 3.

Vir mense wat op hoer vlak funksioneer en potensiaal het as leiers.