Available courses in (D) Toesighouers / Spanleiers

Courses

D1. Ontwikkeling van effektiewe leiers

Course Code:

D1a

Student Level:

C, D, E & F

Price per student:

R5283 p.p

Description:

Gedurende die 3 dag program sal die volgende temas behandel word : Tegnieke vir gedrag-verandering, Emosionele ondersteuning Doeltreffende Kommunikasie Opdragte gee en neem Kommunikasie-kanale Hantering van taal-verskille Prosesse en stelsels vir doeltreffende kommunikasie ondersteun

D2. Toesighouer kwaliteit pakket

Course Code:

D2a

Student Level:

C, D, E & F

Price per student:

R6311p.p

Description:

Die toesighouers is verantwoordelik vir verskeie take, waarvan die lewering van `n kwaliteit diens of produk, die produktiwiteit van die mense wat aan hom /haar rapporteer en die moreel van die span, die belangrikste is. `n Bestuursessie word ingesluit om die bestuurder se rol as afrigter van die toesghouer uit te klaar en sy / haar kennis en vaardighede uit te brei sodat hy/sy betekenisvolle bydrae tot die ontwikkeling van die toesighouer kan maak.

Oor die twee dae gaan die toesighouer geleer en gewys word hoe om sy/ haar spanlede se werkskwaliteit, produktiwiteit en die moreel van die span suksesvol te bestuur. Hoe om kwaliteit-, produktiwiteit- en moreel doelwitte te stel. Hoe om die doelwitte te kommunikeer aan elke lid van die span. Hoe om elkeen van die doelwitte te meet. Hoe om doeltreffende rekords te hou. Hoe om regstellings te doen wanneer afwykings plaasvind.

D3. Toesighouer kwaliteit opvolg : 2024/25 studente

Course Code:

D3a

Student Level:

C, D, E & F

Price per student:

R2385 p.p

Description:

Gevalle studies wat behandel word, dwing studente om die kennis en vaardighede wat hulle die vorige jaar geleer het, te gebruik om die probleme op te los. So leer hulle ook om dit inregte situasie toe te pas.

D4. Afrikaanse leiersdag

Course Code:

D4a

Student Level:

C, D, E & F

Price per student:

R750 p.p

Description:

Die dag is gemik op toesighouers, spanleiers, en gemeenskapsleiers. Die program vir die dag sal vroeg in die nuwe jaar bekend gemaak word

D5. Xhosa leiersdag

Course Code:

D5a

Student Level:

C, D, E & F

Price per student:

R750 p p

Description:

Die dag is gemik op Xhosa toesighouers, spanleiers, en gemeenskapsleiers. Die program sal vroeg in die nuwe jaar bekend gemaak word.

D6. Potensiaal & persepsie toetse

Course Code:

D6a

Student Level:

A - E

Price per student:

R1738 p p

Description:

Bestuur weet dikwels nie wie om waar aan te wend nie. Hierdie toetse is daarop gemik om u te help om `n besluit te neem. Dit gee ook aanduiding wie die potensiaal het vir verdere opleiding.

Standaard psigo-metriese toetse wat bepaal of die persoon die verstandelike en persoonlikheidsvermoë vir die werk het.

Toetse wat die persoon se vermoë om sy omgewing en detail akkuraat waar te neem – kan hy foute maklik identifiseer, sy aandag fokus op dit wat belangrik is, akkuraat skat, ooreenkomste maklik raaksien ens. Terugvoering sal gegee word na afloop van toetsing vir die groep of individueel.

Die kursus benodig ten minste 12 studente.

D7 LEAD ABC

Course Code:

D7a

Student Level:

D & E

Price per student:

R4795 p p

Description:

Hierdie is die ou gunsteling Baiese beginsels van toesighouding kursus. Hierdie is die grondslag kursus. Elke toesighouer behoort dit te doen.

Die doel van die kursus is om die leier holities te ontwikkel: .

Kursus inhoud:

Toesighouding en leierskap, bestuursfunksies, bronne wat bestuur moet word, bestuursvaardighede, bestuurstyle, beplanning en organisering van werk, gee van instruksies, delegering, probleemoplossing en dinkskrumtegniek, kommunikasie en motivering, konflikhantering, en beheer .

Studente moet in `n toesighoudende posisie , spanleier of toesighouer wees.

D8. Spanleiers

Course Code:

D8a

Student Level:

D

Price per student:

R3018 p p

Description:

Dit is vir mense wat as die leier van die span beskou word maar nie die volle verantwoordelikheid van `n toesighouer het nie. Persoon is slegs verantwoordelik vir orde en kommunikasie (tolk dienste), maar nie beplanning of toerusting nie.

Kursus inhoud:

Assisteer die toesighouer, organisering en kontrole, gee van instruksies, kommunikasie, konflikhantering/ probleemoplossing, en meet en stel van doelwitte.

Studente moet asseblief 'n afskrif van hul ID saambring.

D9. Produktiewe spanne

Course Code:

D9a

Student Level:

C - F

Price per student:

R9809 per groep + vervoer

Description:

Suksesvolle spanne is die sleutel tot produktiwiteit in die werkplek, maar die spanleier/voorman en die span is nie altyd ‘n wenspan nie.

In hierdie in-huis sessie kry spanne en hulle leiers kans om verwagtinge met mekaar uit te klaar, om hindernisse te identifiseer en die 10 beste praktyke van ‘n wêreldklas span deel van hulle alledaagse roetine te maak.

Hierdie sessie verseker verhoogde moraal, beter spanwerk en elke spanlid se aktiewe inkoop om produktiwiteit te verhoog. Dit gee gemoedsrus vir die spanleier en selfvertroue om effektief leiding te kan neem.

Kursus inhoud:

Meet spanlede se vlak van span inskakeling, hanteer moontlike hindernisse, tweerigting kommunikasie tegnieke in die span, spansimbole, en spanmoraal.

Die oggend is die volledige span en hul spanleier teenwoordig, en bestuurder/s van die spanleier sluit aan vir die middag sessie. Studente moet lede wees van 'n span.

Kursus vereistes: Vorige bestuursopleiding vir die spanleiers/bestuurder soos KID, Wêreldklas program/ Leadership for Hope vir die spanlede is verkieslik.

D10. Produktiewe spanne opvolg

Course Code:

D10a

Student Level:

C-F

Price per student:

R4877 per groep + vervoer

Description:

Hierdie kursus is vir studente wat reeds 'n produktiewe spanne kursus voltooi het

In hierdie in-huis sessie kry spanne en hulle leiers kans om verwagtinge met mekaar uit te klaar, om hindernisse te identifiseer en die 10 beste praktyke van ‘n wêreldklas span deel van hulle alledaagse roetine te maak.

Hierdie sessie verseker verhoogde moraal, beter spanwerk en elke spanlid se aktiewe inkoop om produktiwiteit te verhoog. Dit gee gemoedsrus vir die spanleier en selfvertroue om effektief leiding te kan neem.

Kursus inhoud:

Meet spanlede se vlak van span inskakeling, hanteer moontlike hindernisse, tweerigting kommunikasie tegnieke in die span, spansimbole, en spanmoraal.

Kursus vereistes: Vorige bestuursopleiding vir die spanleiers/bestuurder soos KID, Wêreldklas program/ Leadership for Hope vir die spanlede is verkieslik.