Available courses in (B) Produksiebestuur

Courses

B1. Gewasbeskerming: Steen en Kernvrugte

Course Code:

B1a

Student Level:

F & G & H

Price per student:

R2525 p p

Description:

Die kursus is gerig op produksie bestuurders en persone betrokke in gewas beskerming aktiwiteite in die industrie wat meer in diepte kennis oor gewas beskerming as geheel wil kry en spesifieke beginsels vir die beheer van algemene siektes en insek plae wat ons tee kom in die industrie.

Hierdie kursus mag nie binne 2 weke voor die datum gekanselleer word nie.

B2. Deelnemende Leierskap

Course Code:

B2a

Student Level:

F & G & H

Price per student:

R5065p p

Description:

Die doel is om leiers te bemagtig om `n sigbare verskil te maak in hul werkomgewing, in die bestuur van hul afdelings , spanne en kostes .

Hierdie kursus mag nie binne 2 weke voor die datum gekanselleer word nie.

B3. KID - vir Bestuurspanne

Course Code:

B3a

Student Level:

F & G & H

Price per student:

R43930 per groep + vervoer

Description:

In ’n onderneming kom ’n positiewe bestuurskultuur van bo af. Wanneer die hele bestuurspan inskakel vir hierdie kursus is daar inkoop vir dieselfde kommunikasie riglyne. In 2025 kon 4 besighede se bestuurspanne al hierby baat vind, almal is baie positief daaroor. Bestuurders wat oor die jare die KID kursus self gedoen het sê dat dit hulle oë oop gemaak het om anders na hulle werkers te kyk. ‘n Positiewe styl word aangeleer om met ondergeskiktes te kommunikeer; dissipliene ferm toe te pas en menswaardigheid uit te bou. Die doel is om KID vaardighede in verskeie bestuursgesprekke te kan toepas. Dit verseker beter werksverhoudings, wat bydra tot beter produktiwiteit, kommunikasie tussen kollegas en ondergeskiktes. Selfs by die huis kan kommunikasie verbeter! Die “Piet Schoerie” gesprek is ‘n vooraf rollespel wat die student se natuurlike kommunikasiestyl toets. By die 5 groepsessies van 3 uur elk, word die teorie en besprekings gedoen oor die KID vaardighede. Daar is ook 15 selfdoen take met selfleeswerk, rollespelle, mentorskap en videos. .

Hierdie kursus mag nie binne 2 weke voor die datum gekanselleer word nie.

B4. Onkruidbestuur: Groente en vrugte

Course Code:

B64

Student Level:

F & G & H

Price per student:

R1627p.p

Description:

Hierdie kursus het die doel om plaas- en produksiebestuurders `n oorsig te gee oor die teorie en uitvoering van onkruid bestuur op groente lande en in vrugte boorde. Dit sluit in algemene en chemiese klassifikasie van onkruiddoders; weerstandsbestuur; posisionering van onkruiddoders; algemene riglyne en strategieë vir die gebruik van onkruiddoders; moeilik beheerbare onkruide; kalibrasie en toediening van onkruid spuite.

Hierdie kursus mag nie binne 2 weke voor die datum gekanselleer word nie.

B5. Ontwikkeling van effektiewe bestuurders

Course Code:

B5a

Student Level:

F & G & H

Price per student:

R3688 p p

Description:

Doel: Hierdie program bied aan bestuurders `n oorsig oor tydbestuur-suksessleutels en -sisteme. Doeltreffende bestuur van spanning. Doeltreffende gebruik van kommunikasiegereedskap & Emosionele Intelligensie..

Hierdie kursus mag nie binne 2 weke voor die datum gekanselleer word nie.

B6. Kalibrasie en toediening: Vrugte en Groente

Course Code:

B6a

Student Level:

F & G & H

Price per student:

R2036 p.p

Description:

Hierdie kursus het die doel om plaas- en produksie-bestuurders se kennis toediening uit te bou deur die teorie van spuit deposisie en uitvoering van effektiewe kalibrasie, dosering van chemie en toediening daarvan te bespreek. Inhoud : Agtergrond en teoretiese kennis van effektiewe balkspuit en boorsdspuit toediening. Bespreking van deposisie parameters en die invloed daarvan op gewasbeskerming. Bespreking van faktore wat deposisie beiinvloed. Opstelling en kalibrasie van stelsels volgens scenarios

Hierdie kursus mag nie binne twee weke voor die kursus datum gekanselleer word nie.