Available courses in (A) Senior Bestuur & Direkteure:

Courses

A1. Bestuursdag

Course Code:

A1a

Student Level:

G & H

Price per student:

R 1050 p p

Description:

Die doel van die dag om ‘n stimulerende dag vir bestuur aan te bied en sommer ook dankie te sê vir hulle goeie gesindheid teenoor die opleidingsentrum. Die doel is om produsente bloot te stel aan maklik verteerbare en positiewe nuwe idees oor mannekrag.

Die kursus is gemik op bestuurders of eienaars, en mag ongelukkig nie vir twee weke voor die datum gekanselleer word nie.

A2. Besoek en bespreek 1 : Besproeiing Skedulering

Course Code:

A2a

Student Level:

G & H

Price per student:

R1021 p p.

Description:

Hierdie is nie `n kursus nie, eerder `n bespreking sessie o.l.v. 'n fasiliteerder. Hierdie sessie fokus op die belangrikheid van besproeiing skedulering. Die sessie is gemik op senior vrugte bestuurders en behoort hoogstens 3 ure te duur wat `n lesing, bespreking en `n besoek aan `n perseel of demonstrasie insluit.

Hierdie kursus mag ongelukkig nie vir twee weke voor die datum gekanselleer word nie.

A3. Besoek en bespreek 2 : Boom tot Boks

Course Code:

A3a

Student Level:

G & H

Price per student:

R690 p p

Description:

Hierdie is nie `n kursus nie, eerder `n bespreking sessie o.l.v. `n fasiliteerder . Die fokus van hierdie sessie is om n brug te bou tussen kwaliteitstelsels/ bestuur in die boorde tot by die pakstoor . Tydens beide die navorsing oor kwaliteit en produktiwiteit was ‘n bevinding dat die toesighouers hoegenaamd nie die wêreld van die pakstoor kan verstaan nie. Heelwat was nog nooit in ‘n pakstoor nie. Min verstaan hoe kwaliteitsvereistes gestel word en nog minder verstaan naspeuringsprosesse. Die meeste weet nie “my bestuurder het verduidelik dat die pakstoor mooi vrugte soek”. Daar moet verskillende innoverende maniere wees om die gaping tussen toesighouer en QC in die boorde en die pakstoor kleiner te maak. Dit verg egter saam dink en iets uitwerk wat nie onnodige werk is nie, maar nommer pas is vir daardie spesifieke plaas en pakhuis. Die ideaal is dat die sessie bygewoon word deur beide mense van die pakhuis en plaas. Die sessie is gemik op senior vrugte bestuurders en behoort hoogstens 3 ure te duur wat `n lesing, bespreking en `n besoek aan `n perseel of demonstrasie insluit.

Hierdie kursus mag ongelukkig nie vir twee weke voor die datum gekanselleer word nie.