(I) Bewaarskole

DOEL: Om juffrouens wat reeds die peuter program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie.

Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en ons fokus met hierdie opleiding op ontluikende wiskunde en lees.

Teorie

  • Navorsing van vroeë kinderontwikkeling op die kind se brein.
  • Hoe om die wiskunde- en lees “brein” te ontwikkel en kinders lief te maak daarvoor. Genoegsame blootstelling en die manier waarop dit aangebied word is die heel belangrikste faktor van wiskunde en lees stimulering.

Prakties:

Maak ouderdom verwante apparaat vir wiskunde en lees aktiwiteite.

Course Start Date 2022-06-15 8:30 am
Course End Date 2022-06-15 3:30 pm
Capacity 20
Available places 11
Price R640.00 per persoon
Student Level A
Duration 1 dag
Location Ceres
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (I) Bewaarskole

Please login to register for this course

DOEL: Om juffrouens wat reeds die kleuter program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie.

Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en ons fokus met hierdie opleiding op ontluikende wiskunde en lees.

Teorie

  • Navorsing van Vroeë Kinderontwikkeling op die kind se brein.
  • Hoe om die wiskunde- en lees “brein” te ontwikkel en kinders lief te maak daarvoor. Genoegsame blootstelling en die manier waarop dit aangebied word is die heel belangrikste faktor van wiskunde en lees stimulering.

Prakties:

  • Maak ouderdom verwante apparaat vir wiskunde en lees aktiwiteite.
Course Start Date 2022-06-17 8:30 am
Course End Date 2022-06-17 3:30 pm
Capacity 20
Available places 17
Price R640.00 per persoon
Student Level A
Duration 1 dag
Location Ceres
Location Ceres
Category (I) Bewaarskole

Please login to register for this course

DOEL: Om juffrouens wat reeds die baba program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie.

Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en opvoeders deel hul ervaring van program: Waarmee sukkel jy? Wat maak jou opgewonde? Waarmee kan ons jou help? Doen jy nog alles wat van jou verwag word?

Teorie & Prakties:

  • Behandel handleiding, evaluering, bylaag
  • Bespreek baba verwante temas
  • Die gebruik van program hulpmiddels
  • Bied ‘n praktiese les aan vir personeel
  • Maak ouderdom verwante speelgoed
Course Start Date 2022-06-14 8:30 am
Course End Date 2022-06-14 3:30 pm
Capacity 20
Available places 13
Price R640.00 per persoon
Student Level A
Duration 1 dag
Location Ceres
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (I) Bewaarskole

Please login to register for this course

DOEL: ‘n Program waar peuters speel-speel leer en ontwikkel. Daar is 32 weke met temas wat behandel word deur die jaar met ‘n uitgewerkte les vir elke dag. Elke dag behandel ons: tema, visuele persepsie (wiskunde), groot en klein motoriese beweging en kreatiwe spel. Hierdie maklike en praktiese program stimuleer nie net die kind op alle vlakke nie, maar gee ook vir die juffrou riglyne rondom klasbestuur en wenke. Daar is ook ‘n bylaag met inligting deur ‘n arbeidsterapeut opgestel met evaluerings vir verskeie ouderdomme. Die arbeidsterapeut bied ook een sessie aan. 

Die pakket sluit in: Handleiding, Loebi-peuter-storieboekie, peuter CD en ‘n inkleurboek met prent vir elke tema en 32 gelamineerde aktiwiteitskaarte. Die juffrou word geleer om ook self te maak en om ingestel te wees hoe om alledaagse goed in die klas te gebruik vir opvoedkundige materiaal.

Course Start Date 2022-05-10 8:30 am
Course End Date 2022-05-18 3:30 pm
Capacity 20
Available places 20
Price R4265.00 per persoon
Student Level A
Duration 4 sessies
Multiple classes yes
Details for classes 10 Mei 12 Mei 17 Mei 18 Mei
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (I) Bewaarskole

Please login to register for this course

Hierdie reeks, "SLEUTELS VIR SLIMKOPPE" is ‘n leerondersteuning program vir ouers en nasorg personeel wat met kinders Gr.R – 3 werk. Die program fokus op Wiskunde, Taal en Lees vaardighede. Nasorg personeel kry ‘n mini kursus in onderwysvaardighede en wenke hoe om kinders met skoolwerk te help en ekstra hulpmiddels en apparaat word verskaf.

Die volledige program bestaan uit:

  • 'n Juffrougids, Leesgids, Juffrou flippie met ekstra aktiwiteite en leermateriaal
  • 4 Werkboeke met Wiskunde en Taal aktiwiteite. (Gr. R – 3)
  • 2 Alfabet boekies  (prente en sensories)
  • Syfers 1 – 10 gelamineer, gekleurde vorms – gelamineer
  • Wiskunde en taal flitskaarte vir elke graad
Course Start Date 2022-08-01 8:30 am
Course End Date 2022-08-02 3:30 pm
Capacity 20
Available places 12
Price R1990.00 per persoon
Student Level A
Duration 2 dae
Multiple classes Yes
Details for classes Dag 1: 1 Augustus Dag 2: 2 Augustus
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (I) Bewaarskole

Please login to register for this course

DOEL: Hierdie reeks vorm deel van die Sleutels vir Slimkoppe reeks, en is ontwikkel om leerders van Gr. 4 – 7 verskillende leermetodes aan te leer. Die brein se ontwikkeling en hoe om inlgting te stoor en herroep gaan in diepte behandel word. Verskillende studiemetodes gaan aan die nasorg juffrou verduidelik word en prakties beoefen word in die klas om sodoende kinders te leer hoe om te leer.

Ons glo met hierdie waardevolle inligting gaan ons leer vir kinders lekker, makliker en interessant maak.

Die program bestaan uit:

  • 'n Studiegids met temas van die brein, geheue, leermetodes, take, mondeling, opstelle en vele meer.
Course Start Date 2022-08-08 8:30 am
Course End Date 2022-08-11 3:30 pm
Capacity 20
Available places 20
Price R1540.00 per persoon
Student Level A
Duration 2 dae
Multiple classes Yes
Details for classes Dag 1: 8 Augustus Dag 2: 11 Augustus
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (I) Bewaarskole

The event was cancelled. We are not longer accepting registration

DOEL: ‘n Resepteboek is saamgestel in samewerking deur die Universiteit van Stellenbosch se dieëtkundige studente en Departement gesondheid. Somer en winter spyskaarte, aankope, wenke en kos vir babas word bespreek asook veiligheid in die kombuis. Opleiding word aangebied deur ‘n opleier van Leer & Leef en ‘n gesondheidsinspekteur van die munisipaliteit. Kom kry nuwe resepte en laat jou kok soos ‘n spog kok kook!

Course Start Date 2022-10-11 8:30 am
Course End Date 2022-10-11 3:30 pm
Capacity 20
Available places 18
Price R887.00 per persoon
Student Level A: Juffrouens van hierdie spesifieke ouderdoms groep
Duration 1 dag
Location Elim
Location Elim
Category (I) Bewaarskole

Please login to register for this course

Hierdie projek het by die Departement wye belangstelling en ondersteuning ontlok. Dit is ons doel om die ouers van babas, peuters en kleuters te bereik en hulle te leer hoe (en hoekom) hul kinders tuis gestimuleer moet word en hoe om sinvol saam tyd te spandeer. Elke maand het 36 aktiwiteite. Weens navrae maak ons die volgende voorstel om meer ouers te bereik: Ons wil graag die opleiding op u plaas kom doen. Die opleiding sal so verloop.

  • Wat is stimulasie? Eerste 1000 dae van baba.
  • Video oor vorming van die brein (Dr David Harrison)
  • Uitdeel van almanakke (A4 grootte gelamineer, 12 maande - elke maand het 12 stimulerende oefeninge vir babas, peuters en kleuters asook vorm, getal en kleur)
  • Praktiese demonstrasie van oefeninge met ouers (met apparaat wat in elke huis is).
  • Apparaat wat self gemaak kan word en wenke vir wiskunde deur sortering, vormherkenning, patroonpak en wiskundige konsepte in die kombuis.
  • Uitdeel van apparaat om tuis te gebruik (skêr, vetkryt, potlood, gelamineerde vorm/kleurkaarte, gelamineerde syferkaart, tydskrif, tou).
  • Notas van ‘n arbeidsterapeut, dieëtkundige en mondhiëgenis word ook behandel en uitgedeel.

‘n Ouerpaar kan kom (u betaal net vir 1 ouer) of ‘n enkelouer. Dit beteken as u 15 persone inskryf kan 30 kom. Die bykomende persoon moet verwant wees aan die kursusganger. Voorsien asb ‘n kragpunt in u saal/vertrek asook stoele en ‘n tafel voor. Tee word tydens teepouse bedien. Kursusganger bring ID, bekertjie, pen. Kostes: LW vervoer @ R 5.50 per km moet addisioneel bykom.

Course Start Date 2022-05-06 8:30 am
Course End Date 2022-05-06 12:30 pm
Capacity 30
Available places 30
Price R600.00 per persoon + vervoer
Student Level Ouers
Duration 4 ure
Details for classes Datum sal bevestig word.
Location To be confirmed
Location Op plaas
Category (I) Bewaarskole

Please login to register for this course