B2. KID vir Bestuurspanne

Doel: In ’n onderneming kom ’n positiewe bestuurskultuur van bo af. Wanneer die hele bestuurspan inskakel vir hierdie kursus is daar inkoop vir dieselfde kommunikasie riglyne. In 2025 kon 4 besighede se bestuurspanne al hierby baat vind, almal is baie positief daaroor. Bestuurders wat oor die jare die KID kursus self gedoen het sê dat dit hulle oë oop gemaak het om anders na hulle werkers te kyk. ‘n Positiewe styl word aangeleer om met ondergeskiktes te kommunikeer; dissipliene ferm toe te pas en menswaardigheid uit te bou. Die doel is om KID vaardighede in verskeie bestuursgesprekke te kan toepas. Dit verseker beter werksverhoudings, wat bydra tot beter produktiwiteit, kommunikasie tussen kollegas en ondergeskiktes. Selfs by die huis kan kommunikasie verbeter! Die “Piet Schoerie” gesprek is ‘n vooraf rollespel wat die student se natuurlike kommunikasiestyl toets. By die 5 groepsessies van 3 uur elk, word die teorie en besprekings gedoen oor die KID vaardighede. Daar is ook 15 selfdoen take met selfleeswerk, rollespelle, mentorskap en videos. .

Geen kansellasies binne 10 dae voor kursus. 

Course Properties

Course Start Date 2025-05-05 8:30 am
Course End Date 2025-05-05 3:30 pm
Capacity 20
Available places 18
Price R42000 per groep + vervoer
Student Level F, G, H
Duration 5 x 3h sessies
Multiple classes Yes
Details for classes Eie datums
Location Koue Bokkeveld Opleidingsentrum
Category (B) Produksiebestuur

Please login to register for this course

NUM Farm / Organization Registrants Registration Date
1 Verdun Estates 2 2025-02-14